Vrystaatse burgemeesters met afdanking gedreig

Deel op
Thabo Meeko
Thabo Meeko

Burgemeesters in die Vrystaat is deur die ANC met afdanking gedreig indien hulle nie hul pligte uitvoer nie.

Thabo Meeko, woordvoerder van die ANC in die Vrystaat, het gesê burgemeesters het vroeër dié maand briewe onderteken wat die ANC toestemming gee om hulle af te dank indien hulle nie hul werk doen nie.
Hy sê munisipaliteite se uitvoering van hul pligte sal van tyd tot tyd geëvalueer word.
Meeko sê hierdie is ’n duidelike bewys dat die ANC wel druk weens gebrekkige dienslewering in munisipaliteite wil verlig en ’n beter lewe vir inwoners wil skep. – OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.