Vermeende babaverkragter weer voor

Deel op

rooikruishosp‘n Plaaswerker van Ceres wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n vier maande oue baba en ‘n sewejarige seun verkrag het, sal Donderdag weer in die hof verskyn.

Die man het na bewering by ‘n wendyhuis ingegaan terwyl die kinders geslaap het, en hulle daarna ontvoer en verkrag, berig Eyewitness News.
Die 25-jarige man is ‘n week gelede in hegtenis geneem en verskyn vir die tweede keer in die Ceres-landdroshof.
Hy staan tereg op aanklagte van verkragting en ontvoering. Dit is nie bekend of hy om borgtog gaan aansoek doen nie.
Intussen het die Rooikruis-kinderhospitaal Donderdag gesê die baba is in ‘n stabiele toestand nadat sy ‘n vyfde operasie ondergaan het. – EWN

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.