SA ontplooi soldate in DRK na Veiligheidsraad se goedkeuring

Deel op
Rebelle van M23
M23-rebelle

Suid-Afrikaanse soldate gaan in die suide van die Demokratiese Republiek van die Kongo ontplooi word nadat die hoof van die Verenigde Nasies se missie in die DRK die beskerming van burgerlikes beveel het.

Die ontplooiing is deur president Jacob Zuma goedgekeur. Zuma het gister in Angola aangekom om vredespogings met die president van die DRK, Joseph Kabila, te bespreek.

Die minister van verdediging, Nosiviwe Mapisa Nqakula, het bevestig dat die ontplooiing ook deur die VN-Veiligheidsraad goedgekeur is.

Die hoof van die VN-missie, bekend as MONUSCO, sê daar is direkte aanvalle op bewoonde gebiede en VN-posisies in Goma. Hy sê die ontplooiing is genoodsaak nadat hernieude gevegte tussen die Kongolese weermag en die M23-rebelle uitgebreek het.

Vroeër vanjaar is 14 Suid-Afrikaanse soldate doodgeskiet en 27 gewond in gevegte tussen Suid-Afrikaanse soldate en rebelle in die Sentraal Afrikaanse Republiek.

Nosiviwe Mapisa Nqakula het aan die SAUK gesê indien Suid-Afrika nie ingryp nie, sal talle vlugtelinge uit die DRK oor die grense stroom na Suid-Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.