Zille storm uit vergadering oor SANW nie ontplooi word

Deel op

zazille2Die emosionele uitbarstings van die Wes-Kaapse premier, Helen Zille is al bekend agv haar energieke Twitter-vingers.

Zille het Donderdag weer vir ongelukkigheid gesorg nadat sy uit ‘n vergadering met die minister van polisie Nathi Mthethwa gestorm het. Die vergadering is belê om hernude bendegeweld te bespreek op die Kaapse Vlakte.

Mthethwa se woordvoerder, Zweli Mnisi, het gesê Zille het die vergadering vroeg verlaat, met die verskoning dat sy ‘n afspraak met die minister van menslike nedersettings Connie September het.

“Die minister was hier teen 10:30 vir die geskeduleerde vergadering om 11:00. Maar ons moes lank wag vir die premier om te kom,” het hy gesê.

Die vergadering is belê nadat Zille ‘n ope brief aan die minister van polisie gerig het waarin sy vra dat die SANW ontplooi word in warm kolle soos Manenberg.

By die vergadering het Mthethwa gesê dat sosio-ekonomiese toestande op die Kaapse Vlakte agter die geweld sit en dit moet verbeter word.

Maar Zille het haarself glo gewip en gesê troepe moet dadelik ingeroep word om die strate te patrolleer.

Zille het haarself skielik verskoon om blykbaar vir September te gaan ontmoet. Mthethwa en sy amptenare moes daarna ontdek dat sy by inligtingsessie joernaliste by die parlement toegespreek het.

Zille se woordvoerder, Zak Mbhele, het ontken sy Donderdagmiddag uit die vergadering gestorm het. – timeslive.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.