Nog 30 lasbriewe vir kinderporno-verdagtes

Deel op

SAPDDie ses mans wat gevang is met kinderpornografie – saam met ander verdagtes is na bewering ingeskryf vir ‘n Kanadese webwerf wat kinderpornografie aan pedofiele wêreldwyd verskaf.

‘n Woordvoerder van die polisie, luitenant-generaal Solomon Makgale, het Donderdag gesê 30 lasbriewe is verkry in verband met die byna 50 verdagtes wat ons ondersoek.

Die mense wat ons in hegtenis geneem het en op soek na is, is professionele mense.

Makgale het geweier om uit te brei op die beroepe van die verdagtes.

“Ons het die ses in hegtenis geneem want ons het bewyse en grafiese materiaal wat verband hou met beweerde kinderpornografie gekry.

“Daar is ander mense wat ons vermoed wat betrokke is by kinderpornografie, maar ons kan hulle nie in hegtenis neem nie, want ons wag op die resultate van die ontleding van rekenaars, eksterne hardeskywe, geheue stokkies, kameras en videokameras wat in beslag geneem is in die strooptogte.

“Hulle het elektroniese transaksies beklink wat daar sit. Hulle kan nie dit wegsteek nie. Ons werk is om uit te vind en die getuienis te beveilig , het Makgale gesê.

Ontleding van honderde DVD’s, rekenaars en rekenaartoerusting sal na verwagting voltooi word teen die einde van volgende week.

Die polisie se kubermisdaadkundiges gaan deur die databasisse terwyl ondersoekbeamptes hul verdagtelys opstel, lasbriewe finaliseer en meer vermeende pedofiele identifiseer.

Baie van die geïdentifiseerde verdagtes word gemonitor deur ander regeringsagentskappe wat deelneem aan die operasie, het ‘n polisieman met kennis van die ondersoek gesê.

Hy het gesê ‘n aantal van hulle het skakels na ‘n hoë-profiel maatskappye en professionele praktyke.

“Hulle is nie klein vissies nie. ‘n Paar het glo aansienlike invloed,” het hy gesê en bygevoeg dat die lys van verdagtes na verwagting sal aangroei soos ondersoekbeamptes meer inligting bekom. – timeslive.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.