Kundigheid is mag

Deel op

delport_manfred_600deur Manfred Delport

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Jan Smuts het glo gesê dat Suid-Afrika ‘n land is waar nóg die beste, maar darem ook nie die slegste nie, gebeur nie.

Ek wil Jan Smuts se stelling effens wysig: As daar iets goeds in Suid-Afrika gebeur, as iets positiefs verrig word, as iets gebou word, as daar vooruitgang en vordering is, as iets behoorlik werk, is dit meestal deur westerlinge, en veral Afrikaners, se toedoen. Die res van die inwoners van SA is nie juis konstruktiewe mense nie, in alle sinne van die woord konstruktief. Hulle het immers in die tydperk vóór 1652 bitter, bitter min gedoen om die land te ontwikkel. Dit is nie asof Van Riebeeck ‘n Parthenon in Tafelbaai aangetref het nie.

‘n Goeie voorbeeld van dít waarna ek hierbo verwys, is die neiging van die ANC-bewind om straatname en plekke te herdoop. Dit is byna sonder uitsondering bestaande plek- en straatname wat geteiken word. Dit gebeur bitter selde dat die bewind ‘n nuwe pad sal bou, of ‘n nuwe dorp sal stig, en dit dan na een of ander onbenullige kader sal vernoem. Dit is bykans altyd bestaande infrastruktuur wat herdoop word.

Ek moet wel terloops noem dat die DA in Kaapstad ook hierdie kwaal onder lede het. Buitengracht is kwalik ‘n naam wat enige persoon aanstoot kan gee, behalwe natuurlik vir die Dianne Kohler-Barnards van die DA, wat eerder Spaans as Afrikaans, of dan Nederlands, sou praat. Miskien probeer die DA ‘n beter ANC as die ANC self wees…

Nie net bring die ANC-bewind en sy kiesers bykans niks nuuts tot stand nie, maar ook pleeg hy growwe nalatigheid deur dít wat tot stand gekom het, en wat op ‘n skinkbord aan hom by Kodesa oorhandig is, tot niet te laat gaan. In hierdie sin is die ANC-bewind en sy meelopers meer soos die spreekwoordelike plaag van sprinkane, vernietigers, eerder as bouers. Sowat helfte van alle water in Suid-Afrika se waterverspreidingsnetwerk word eenvoudig gesteel. Die paaie is vol slaggate. Die kaders in die stadsrade ry nou wel blink Mercedesse, maar hulle verstaan glad nie hoe ‘n rioolplaas werk nie. Selfs wanneer die bewind iets probeer bou, loop dit meestal op ‘n ramp uit. Die Medupi-kragstasie is reeds miljarde rande oor sy begroting, jare laat, en die “wêkkas” by Medupi is veel beter daarmee om asblikke om te smyt of motors aan die brand te steek, as wat hulle met die bouery is.

Dieselfde storie word herhaal in Suid-Afrikaners se professionele lewens. Daardie grênd menere en madames word weliswaar in terme van rassistiese regstellende aksie teen vet salarisse aangestel, en kry vreeslike belangrike titels, maar of daar iets daadwerkliks in hul organisasies sonder hul westerse kollegas, of westerse konsultante, se hulp sou gebeur, is uiters debatteerbaar. Weer eens is die kaders se mentaliteit nie om hul eie ondernemings te skep nie, maar eerder om parasiete te word en te teer op iets wat iemand anders tot stand gebring het.

Alles wat ek hier bo skryf, is egter ou nuus vir objektiewe waarnemers in Suid-Afrika, en mens moes dit eintlik te wagte gewees het van die geskiedenislose groepe wat tans vergeefs probeer om ‘n moderne ekonomie te bestuur, en veral voorspelbaar gegewe dat die ANC in 1994 ‘n blote terroristebende was en steeds is. En geskiedenisloos is hulle inderdaad: Dit is bitter moeilik vir die meeste mense om selfs een belangrike leier wat vóór 1652 in die huidige Suid-Afrika geleef het, se naam te noem, of om, buiten vir ‘n verdwaalde klipkraal hier en daar, na een permanente struktuur wat voor 1652 opgerig is, te kan wys. Die sogenaamde glorieryke Struggle-geskiedenis van die ANC is eweneens wensdenkery en meestal van ‘n destruktiewe of reaktiewe aard – die ANC het niks vermag of opgebou nie, maar eerder afgebreek en vernietig.

Waarop ek eintlik afstuur, is die volgende: Suid-Afrika, toenemend wanfunksioneel soos die land is, kan slegs aankarring en min of meer funksioneer, danksy die kundigheid van sy westerse inwoners, en veral die Afrikaners. Die res is, en hoe sou ek dit nou stel, oorverteenwoordig, soos Jimmy Manyi dit wou hê toe hy na die kleurlinge in die Weskaap verwys het. Die land het hulle nie werklik nodig nie; daarvan getuig die 40%-werkloosheidskoers. Selfs die ANC-kaders wat wel poste beklee, se insette is so niksseggend dat dit byvoorbeeld nie veel van ‘n verskil maak wanneer die volledig getransformeerde staatsdiens so gereeld begin staak nie. Inteendeel; die matriekuitslae het selfs verbeter die jaar toe SADOU se onderwysers gestaak het!

Onttrek egter Afrikaners en westerlinge se vaardighede, en die land lyk binne drie maande soos Lagos, wat slegs ses ure per dag elektrisiteit het, en waar rou riool in plastieksakke “per lugpos” uit kaias die strate in gesmyt word.

Kundigheid is mag, maar blote getalle nie noodwendig nie. Solidariteit dreig om Lonmin op sy knieë te dwing deur te begin staak, omdat Lonmin Solidariteit nie meer as vakbond wil erken nie. Solidariteit se lede is ‘n klein minderheid van Lonmin se totale werkerskorps, maar sonder hulle kundigheid, staan alles by die myn stil, en het die meerderheid werkers niks om te doen nie. Presies nes Afrikaners ook ‘n klein minderheid in Suid-Afrika is, en presies nes hoe Suid-Afrika ook sonder ons samewerking tot stilstand sal kom. Moet jou dus nie blind staar teen getalle nie. Soos Gustav Venter dit gestel het: “die Afrikaner se voortreflikheid lê in sy breinselle eerder as in sy spermselle”. Die ANC het Afrikaners nodig, nie andersom nie. Sonder die ANC en sy kiesers is Suid-Afrika piekfyn en inteendeel ‘n veel beter land; sonder Afrikaners is die land egter ‘n rampgebied.

Sogenaamde regses word dikwels gekritiseer dat ons planloos is en geen alternatiewe bied nie, dikwels deur diegene wat self vreeslik oor misdaad, slaggate en wanbestuur kla. My antwoord aan sulkes sou wees om te kyk na waarmee Solidariteit dreig by Lonmin, en ook wat die Poolse weergawe van Solidariteit tydens die 1980s vermag het.

As jy dan regtig ontevrede is met wat in Suid-Afrika aan die gang is, vergeet van die stembus – tien leeus en een bok wat stem wat op die spyskaart is, kan nie by ‘n regverdige uitslag, wat ook in die bok se belang is, uitkom nie. Sonder jou as Afrikaner se vaardighede en breinkrag, sal daar egter nie meer water in die krane wees nie, die kaders se vergulde toilette sal nie meer kan spoel nie, daar sal nie paaie wees vir die ANC se blouligkonvooie om jou van die pad af te druk nie, en sal daar nie meer belasting wees vir die ANC se kaders om te plunder nie. En die belasting wat wel ingevorder word, sal wees in ‘n geldeenheid wat net soveel soos Zimbabwiese dollars werd is.

As jy ontevrede is, kyk dus na Lech Walesa se Solidariteit-vakbond se optrede in die Poolse skeepswerwe van die 1980s. Lech Walesa was ‘n eenvoudige elektrisiën, en sy troepe was gewone werkers op die dokke; nietemin het hulle Pole se kommunistiese owerhede, asook hul base in Moskou, gedwing om aan hul eise gehoor te gee. Die sade vir die Berlynmuur se ineenstorting in 1989 is reeds in die Poolse skeepswerwe in 1980 geplant. Die ANC beskik egter nie eens oor een-duisendste van die mag van die Sowjet-Unie nie. Daar is nie eens een parate ANC-divisie nie, teenoor die Rooi Leër se honderde divisies van die 1980s.

Weer eens: As jy persoonlik iets wil doen, onttrek dan eerder jou vaardighede uit Suid-Afrika. Hou op om jou onderdrukkers te befonds. Hou op om dinge nog op een of ander manier te maak werk, bloot sodat blouligkonvooie motoriste kan intimideer. Dryf handel met die buiteland of slegs tussen jou mede-Afrikaners. Skep alternatiewe ruilmiddels en hou op om belasting te betaal wat in ieder geval verkwis gaan word. Raak onafhanklik van Eskom. As jy regtig sterk voel, kommandeer jou kollegas op om te staak, en lê die ekonomie lam.

Hou dus op kla dat “die regses” niks doen nie. Jy self het die mag tussen jou eie ore om ‘n einde te maak aan slaggate, misdaad, korrupsie en wanbestuur. Wat gaan jý dus doen? Het jy en jou mede-Afrikaners die politieke wil om jou kundigheid te onttrek, om die ANC te dwing om aan jou eise toe te gee?

Is daar ‘n Afrikanerweergawe van Lech Walesa wat gaan sê: Tot hier toe, en nie verder nie?

[followbutton username=’ManfredDelport’ count=’true’ lang=’en’ theme=’light’]

Volg Manfred op Facebook.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.