‘Wreedheid’ in polisie neem glo toe

Deel op
Gould saam met Leon Wessels
Gould saam met Leon Wessels

Die Instituut vir Sekerheidstudies sê gevalle van polisie-wreedheid het in die laaste tien jaar met meer as 300% toegeneem, met slegs een persent van gevalle waar oortreders skuldig bevind is.

Die syfer is bekend gemaak op die vierder jaarlikse konferensie oor nasionale en internasionale perspektief oor die vermindering van misdaad en strafregterlike geregtigheid in Johannesburg.

‘n Senior navorser van die instituut, Chandre Gould, sê die statistieke toon dat daar ‘n meerderwaardigheidskultuur binne die polisie bestaan wat burgerlikes kan vervreem.

Sy sê uit die 11880 strafregterlike sake wat by die onafhanklike polisie ondersoek direktoraat aanhangig gemaak is, in die vyf jaar tot en met 2012, is slegs 2000 sake voor die hof gebring en was daar slegs 129 suksesvolle skuldigbevindings. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.