Watter velsorgproduk gaan SA red?

Deel op
Blanke of Indiër?
Blanke of Indiër?

Terwyl die DA se Jeugvleuel onwelvoeglike plakkate in Suid-Afrika opsit om rasvermenging aan te moedig, is Indië se obsessie met ‘n ligte vel goed bekend en deeglik gedokumenteer.

In 1978, het Unilever ‘n velbleikmiddel op die rak gesit, Fair&Lovely, en sedertdien het talle bleikrome gevolg. Van velreiniging, stortseep en selfs vaginale spoelmiddels wat aanspraak daarop maak dat hulle ‘n ligter vel waarborg, is tans beskikbaar op die Indiese mark

In 2010, was Indië se bleikroommark $432m volgens ‘n verslag deur die marknavorsers ACNielsen, en dit groei steeds teen 18% per jaar. Verlede jaar, het Indiërs 233 ton velbleikprodukte aangeskaf, en spandeer tans in ‘n warm land meer geld daarop as op Coca-Cola.

Krieketspelers en Bollywood-sterre onderskryf gereeld hierdie produkte, en sukses is dikwels die resultaat van ‘n ligte vel.

Daar ‘n lang geskiedenis agter die obsessie met velkleur, weens kaste en kultuur, maar die huidige oorsake sê een bekende glanspersoonlikheid, is dat “Indiërs baie rassisties is”.

“Dit is diepgewortel. Maar daar is soveel druk deur die portuurgroep, tydskrifte, advertensieborde en TV-advertensies wat ​​hierdie idee regverdig as die ideale een,”sê Nandita Das.

Das het al dikwels regisseurs en grimeerkunstenaars betig wat probeer om haar ligter te laat voorkom as sy die rol van ‘n opgevoede, ryk vrou vertolk. “Hulle sê altyd vir my ek moenie bekommerd wees nie, hulle sal my vel ligter maak, as ‘n gerusstelling. Dit is ‘n voortsetting van stereotipe dat net ‘n ligte vel opgevoed kan word en suksesvol is.”

In 2005, het die skoonheidsmaatskappy Emami Fair&Handsome vir mans geloods, met ‘n advertensie waarin die Bollywood-ster Shah Rukh Khan ‘n buisie velbleikroom aan ‘n hoopvolle jong bewonderaar gooi. “Shah Rukh Khan sê om suksesvol te wees, moet jy lig wees,” sê Das. “Het hierdie mense nie enige vorm van gewete nie? Jy kan nie naïef wees nie, want jy stuur die boodskap uit wat sê vergeet van harde werk, dit gaan oor velkleur”.

‘n Mens kan dieselfde vra van die DA se obsessie met rasvermenging. Gaan sukses in Suid-Afrika oor velkleur? Moet ‘n mens swart wees om suksesvol te wees?

Ons is lankal verby die punt waar ‘n velproduk transformasie gaan waarborg. Daar is twee oplossings vir witheid om te verdwyn in Suid-Afrika: Rasvermenging of uitwissing. Die eerste opsie lei tot die tweede, dit neem net ‘n bietjie langer.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.