Polisievoertuig land op sy dak

Deel op

sapd2Ses verdagtes in polisieaanhouding is beseer toe hulle na hulle hofverskyning na die Kagiso-polisiestasie onderweg was.

Ses verdagtes in polisieaanhouding en twee polisiebeamptes dié week beseer toe die voertuig waarin hulle gery het met ‘n bakkie gebots het en op sy dak beland het.

Dié ongeluk het omstreeks 3.30nm op die hoek van Hoofrif- en Paardekraalweg, Krugersdorp plaasgevind toe die polisiebeamptes na Kagiso Polisiestasie onderweg was nadat die verdagtes in die Krugersdorp Landdroshof verskyn het.

Brigadier Sipho Ngubane van die Kagiso Polisiestasie sê dat al die insittendes van die polisievoertuig vir behandeling na Leratong Hospitaal geneem is.

“Niemand het ernstige beserings opgedoen nie. Die passasiers is vir skok en geringe beserings soos krapmerke en kneusplekke behandel.”

Hy sê dit lyk nie of die passasiers van die bakkie waarteen die polisievoertuig gebots het, ernstig beseer is nie.

Dit wil voorkom of albei voertuie moontlik afgeskryf gaan word.

‘n Omstander op die toneel sê ‘n polisievoertuig en die nooddienste is na die toneel ontbied.

“Die nooddienste se ambulans het baie naby die polisievoertuig gestop en die polisiebeamptes van die ander voertuig het bystand verleen om seker te maak dat die verdagtes nie ontsnap nie.”

Ngubane sê die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk. – looklocal.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.