Vrou ry oor aanvaller

Deel op

carwindow‘n Vroulike motoris het na bewering oor ‘n man gery wat haar kant-venster in Benoni gebreek het, en hom in ‘n koma gelaat.

The Star berig dat die voorval om 07:30 Dinsdag in Northmead, Benoni plaasgevind het.

Konst. Timothy Masilela het aan die koerant gesê dat die vrou, wat bestuur het, gestop het by ‘n kruising. Die aanvaller het blykbaar die passasier-kant se venster van haar Tata gebreek.

“Hy het toe die handsak op die sitplek gegryp. Maar die vrou het dit teruggegryp en hulle was daaroor geworstel, en terwyl hy nog steeds aan die handsak klou, het die vrou versnel. En toe sy dit doen, het die man die sak gelos en geval,” het Masilela aan The Star verduidelik.

“Die slagoffer het gesê sy het net gery en nooit gekyk wat gebeur het met die aanvaller nie. Sy het die voorval by die Benoni-polisiekantoor aangemeld, en toe ons daar kom, was die man in ‘n koma en vol bloeding van sy kop en bene,” het Masilela bygevoeg .

Die man, glo 25 jaar oud, is op lewensondersteuning op die toneel geplaas.

Hy is tans in ‘n koma en onder polisiebewaking in die Tembisa-hospitaal.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.