Zuma nie na Bob se inhuldiging nie

Maite Nkoana-Mashabane
Maite Nkoana-Mashabane

President Jacob Zuma sal nie teenwoordig wees by Robert Mugabe se inhuldiging nie.

Adjunkpresident, Kgalema Motlanthe verteenwoordig Suid-Afrika vandag by die plegtigheid in Zimbabwe.

Hy word van die Minister van Internasionale Betrekkinge, Maite Nkoana-Mashabane vergesel. Bykans 40 huidige en voormalige staatshoofde, onder wie Thabo Mbeki en Kenneth Kaunda sal die inhuldiging bywoon.

Die leier van die MDC opposisieparty, Morgan Tsvangirai en ander opposisiepartye gaan die plegtigheid boikot.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.