Agang se uitdaging: Zuma reageer

Deel op
Mamphele Ramphele sou nie sonder 'n kopdoek die rektor van die Kaapstadse Universiteit kon geword het nie
Mamphele Ramphele sou nie sonder ‘n kopdoek die rektor van die Kaapstadse Universiteit kon geword het nie

President Jacob Zuma het gereageer op Agang-leier Mamphela Ramphele se oproep om hom sy persoonlike finansies bekend te maak.

In ‘n verklaring van die presidensie Woensdagaand, het Zuma gesê hy doen jaarliks aan die Kabinet verslag, volgens bepalings in die Grondwet.

“Die Grondwet van 1996 en die Uitvoerende Lede Etiek, 1998, skryf die aard, inhoud en vorm waarin lede van die Kabinet en die Uitvoerende Rade hul finansiële belange jaarliks openbaar,” het die verklaring gelui.

Vroeër het Ramphele op ‘n perskonferensie gesê dat ‘n gebrek aan deursigtigheid oor Zuma se nettowaarde openbare wantroue in hom voed.

“Ek doen ‘n beroep op President Zuma om sy state onmiddellik te publiseer Wat is daar om weg te steek?” het sy gevra aan verslaggewers in Johannesburg. “Suid-Afrikaners verdien ‘n president wat ‘n goeie voorbeeld vir die res van die land stel om te volg.”

Sy het gesê die Parlement verwag van alle lede hul private finansiële belange te openbaar.

“President Zuma gebruik ‘n gerieflike tegniese foefie om hierdie vereiste te systap. Vanaf sy inhuldiging … het die president die kwessie vir meer as 1565 dae tot op datum gesystap.. Met elke dag wat verbygaan groei die agterdog oor sy integriteit,” het Ramphele gesê.

Sy het gesê dat sy haar eie finansiële sake is openbaar vir die land om te ondersoek, in lyn met die behoefte aan aanspreeklikheid en om ‘n voorbeeld vir Zuma te stel.

Ramphele het gesê haar netto waarde tot 27 Junie vanjaar was meer as R55 miljoen.

Sy het aandele ter waarde van R1.38 miljoen met Anglo American, Gold Fields, Sibanye en die PTI Fonds. Haar primêre woning in Kampsbaai, Kaapstad, is R10 miljoen werd. Daar is R1, 146139 in aftree-annuïteite en R1, 574064 in ‘n voorsorgfonds. Haar familietrust hou R30 miljoen en haar beleggingstrust R10.9 miljoen.

Ramphele het gesê haar rykdom sal haar nie distansieer van Suid-Afrika se armes nie.

“Ek is een van die baie leiers van hierdie land, soos die [voormalige] president [Nelson] Mandela, wat nie arm is nie,” het sy gesê. “Dit is nie ‘n hindernis vir skakeling met arm mense nie. Wat ‘n struikelblok is, is die misbruik van mag en steel van arm mense soos die regering konsekwent doen.” – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.