Skerpioene wil Zuma vernietig, s? MK

Deel op
Die Umkhonto weSizwe-veteranevereniging (MKVA) sê die Skerpioene moet ontbind word, omdat hulle ‘n teen-rewolusionêre mag is wat daarop uit is om mnr. Jacob Zuma, president van die ANC, te vernietig.
Deel op

Mnr. Kebby Maphotsoe, die MKVV se nasionale voorsitter, het Saterdag by dié assosiasie se konferensie in Gauteng gesê die Skerpioene is die tande van ‘n teen-rewolusionêre beweging in Suid-Afrika en dat hulle vol gif is.

Hy verduidelik dat misdadigers soos Mark Thatcher en Adriaan Vlok vrygespreek is, maar ANC-leiers voel die “brandende haatsteek van die Skerpioene”.

Maphotsoe voer verder aan dat Zuma se ondersoek gelei word deur die Skerpioene, maar dat dit verder aangedryf word deur die media en die opposisie, spesifiek die Demokratiese Alliansie (DA).

“Die ondersoek duur te lank.  Mens kan nie iemand vir nege jaar lank ondersoek nie.  Eers vir die wapentransaksie van R500 000 en dan vir ‘n karwas van R10.  Geregtigheid wat uitgestel word, is geregtigheid wat ontken word,” sê Maphotsoe.

Hy sê ook dat politieke inmenging in dié saak broodnodig is, juis omdat dit ‘n polities gedrewe hofsaak is.

“Hoekom kan Tony Blair in die Verenigde Koninkryk ‘n ondersoek na ‘n wapentransaksie kanselleer om die land se belange te beskerm en ons kan nie dieselfde doen nie?  Is die motivering agter die hele ondersoek nie miskien om die ANC te vernietig nie?”

Maphotsoe kritiseer ook sekere ANC-lede daarvan dat hulle hulself nou skaar in die Zuma-kamp, net om vir hulle setels te verseker wanneer die verkiesing kom.  Hy doen ‘n beroep daarop dat dié mense, wat voor die Polokwane-konferensie in die Mbeki-kamp was, ontbloot moet word.

Nóg ‘n spreker by die MKVA-konferensie die naweek was die ANC-voorsitter in Gauteng en ook die party se provinsiale minister van finansies, mnr. Paul Mashatile.  Hy het op sy beurt gemaan daarteen dat ANC-lede hulself beskou as die bewaarders van besluite wat geneem is tydens die ANC-konferensie.  “Ons as party het almal saam besluite geneem en ons almal is die verdedigers daarvan,” sê Mashatile.

липецк очисткаАлександр Фильчаков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.