Kwelvrae oor Heidelberg se brandbestryding

Deel op

fireKwelvrae oor die beskikbaarheid van slegs een brandweerenjin vir die Lesedi Munisipale gebied het weer ontstaan nadat ‘n huisbewoner van Jordaanpark in Heidelberg tevergeefs die brandweer se hulp verlede maand probeer ontbied het.

‘n Veld wat aan huise in Bosbokstraat grens, het gebrand en Corné Botha het vreesbevange toegekyk hoe die vlamme al nader aan haar huis beweeg. Sy en haar drie kinders was alleen tuis toe sy die brandweer skakel. Die persoon aan diens het egter aan haar gesê dat daar nie ‘n grasbrand voertuig beskikbaar is om haar te kom help nie.

Volgens Corné het sy en haar kinders van 21:30 tot ongeveer 24:00 die vlamme van die balkon af met emmers water probeer blus. HERAUT het met brandweerhoof Herman Lombard gaan praat oor die situasie. Volgens Mnr Lombard beskik die brandweer net oor een medium enjin wat uitsluitlik by ongelukstonele, fabrieksbrande, huisbrande en petroldepots hulp verleen. ‘n Tweede kleiner enjin wat vir grasbrande geoormerk is, word tans aan Devon geleen.

Volgens gerugte word die brandweer se begroting elke jaar deur die munisipaliteit afgekeur. In die berig van HERAUT op 26 Junie, het Me Cynthia Mokoena (Uitvoerende Bestuurder: Gemeenskapsdienste) van Lesedi Plaaslike Munisipaliteit telefonies aan HERAUT gesê dat een of twee brandweervoertuie genoegsaam vir die Lesedi gebied is.

Mnr Lombard stem nie saam nie en sê volgens Lesedi se populasie en vierkante kilometer wat bedien word, stem die hoeveelheid voertuie nie ooreen met die Suid-Afrikaanse Nasionale Standaarde 10090 nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.