Reuse kinderporno-netwerk in SA oopgevlek

Deel op

webDie polisie het Suid-Afrika se grootste kinderpornografienetwerk glo oopgevlek na die arrestasie van die ses mense. Die netwerk het skakels na Kanada, die Verenigde Koninkryk, die VSA, Wes-Europa en Australasië.

‘n Skoolhoof (wat ook ‘n bekroonde skrywer is), twee onderwysers, ‘n prokureur, ‘n dermatoloog en sakemanne van regoor die land is in hegtenis geneem.

Die polisie ondersoek ‘n verdere 26 mense en meer arrestasies sal volg.

Die polisie-ondersoeke het seksuele uitbuiting van honderde kinders blootgelê.

In ‘n operasie wat ervare speurders beskryf as “siek”, word kinders so jonk as vyf ingespan om seks te hê met mekaar en volwassenes.

Hulle ondersoek tans of enige kinders uit Suid-Afrika betrokke is by die netwerk se bedrywighede.

Baie van die kinders ly ook onder uiterste vorme van geweld. Wetstoepassers ondersoek of enige van die kinders vermoor is.

Diegene na aan die ondersoek het aan The Times gesê dat die Suid-Afrikaanse polisie deur ‘n buitelandse polisiëringsagentskap, deur middel van Interpol, bygestaan is.

Daar is op rekenaars tydens klopjagte beslag gelê en die polisie het die adresse van honderde beweerde pedofiele van regoor die wêreld bekom.

Ervare plaaslike beamptes van verskillende eenhede het ‘n hoë-profiel-taakspan gevorm.

Onder toesig van die nasionale speurhoof is lasbriewe om huise, skole, regs-en mediese praktyke en besighede te deursoek, uitgereik.

Donderdag, het die polisie die hoof van ‘n elite-privaatskool in Nelspruit, Mpumalanga, ‘n onderwyser in Florida, wes van Johannesburg, ‘n onderwyser in Carletonville, ‘n Pretoriase dermatoloog, en ‘n senior regsbeampte in Noordwes vasgevat.

Huise in KwaZulu-Natal, Oos-Kaap, Wes-Kaap en die Vrystaat, is besoek en daar is beslag gelê op rekenaars, DVD’s, boeke, tydskrifte, rekenaargeheuestokkies, kameras, videokameras en ander digitale opneemtoestelle .

Die 43-jarige skoolhoof is glo in besit gevind betrap van DVD’s van kinderpornografie. Hy is die ontvanger van ‘n nasionale letterkundeprys.

‘n Woordvoerder van die polisie luitenant-generaal Solomon Makgale het gesê almal wat in hegtenis geneem is, is mans. Diegene wat in hegtenis geneem is, het skakels na ‘n globale kinderpornosindikaat. – timeslive.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.