VF+ bevraagteken grondwetlikheid van EFF

Deel op

iecHaatspraak, ‘n beleid gegrond op rassisme en ‘n ekonomiese beleid van nasionalisering druis in teen die letter en gees van Suid-Afrika se Grondwet en die Vryheidsfront Plus het in die lig hiervan by die Verkiesingskommissie (OVK) ten sterkste beswaar aangeteken teen die registrasie van Julius Malema se politieke party, die Ekonomiese Vryheidsvegters (EVV).

Volgens mnr. Pieter Groenewald, die VF Plus se voorsitter, is ‘n sterk bewoorde brief hieroor aan die Verkiesingskommissie (OVK) gestuur waarin die kommissie versoek word om Malema se registrasie-aansoek om grondwetlike redes af te keur. Individue en partye het tot einde verlede week geleentheid gehad om beswaar teen die registrasie aan te teken.

“Die EVV propageer die nasionalisering van grond, myne, banke en ander bates sonder enige vergoeding, en in besonder op ‘n rasse-grondslag. Dit is ongrondwetlik.

“Malema is reeds deur die hooggeregshof van Suid-Afrika skuldig bevind aan haatspraak oor die sing van die gewraakte lied ‘Shoot the Boer’, wat sedertdien verbied is en tot haatspraak verklaar is.

“Met die sing van die lied het Malema rasse-polarisasie geskep en emosie opgejaag teenoor ‘n spesifieke ras- en etniese groep wat ook ongrondwetlik is.

“Tot nou toe het Malema as leier van die EVV geen berou getoon nie. Die VF Plus glo dat hy met sy ongrondwetlike optrede sal voortgaan en dat hy sy party sal misbruik as ‘n voertuig vir soortgelyke diskriminerende optrede en beleidsrigtings.

“Daarbenewens is die woord ‘Vegters’ of ‘Fighters’ in Engels nie geskik vir ‘n demokratiese bestel waar politieke partye verkiesings op ‘n geordende en demokratiese wyse voer nie. Art. 16 van die Verkiesingskommissiewet stel dit duidelik dat enige naam of afkorting wat die propageer of aanhitsing van geweld of haat voorstel, nie aanvaarbaar is nie,” sê mnr. Groenewald.

‘n Verdere versoek is ook aan die OVK gerig waarin die VF Plus beswaar aanteken teen die Engelse afkortings van die name van die VF Plus (FF Plus in Engels) en die EVV (EFF in Engels) aangesien dit tot verwarring onder die publiek kan lei.

Mnr. Groenewald sê die VF Plus ervaar reeds dat verwarring bestaan op onder meer netwerke van die sosiale-media.

“Die VF Plus sal oor hierdie aangeleenthede die nodige bewyse aan die Verkiesingskommissie voorlê indien dit benodig word. Oor die naamkwessie verwag ons ook ‘n deeglike verduideliking van die (OVK) oor sy besluit.

“Tot nog toe is die VF Plus die enigste party wat die registrasie van Malema se party teenstaan. By ons is daar geen twyfel nie dat dit ongrondwetlik is en die OVK sal gewis sy mandaat versaak indien die registrasie van die EVV goedgekeur word, sê mnr. Groenewald.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.