Mbeki onttrek van Seriti-ondersoek weens geld

Deel op
Thabo Mbeki
Thabo Mbeki

Max Boqwana, wat oudpres. Thabo Mbeki en sy voormalige kabinetministers by die Seriti-kommissie van ondersoek verteenwoordig, het hom aan die verrigtinge onttrek.

Die Kommissie sê die onttrekking van sy regsverteenwoordiger sal geen invloed op sy werksaamhede hê nie.

Woordvoerder vir die kommissie, William Baloyi, sê: “Eintlik is daar geen impak op die kommissie nie. Dit is nie verpligtend vir die getuies om hul regspanne te bring nie. Dit is net ‘n opsie.

Mbeki het verduidelik dat hy onttrek hangende ‘n aansoek om geldelike hulp van die staat.

Mbeki se woordvoerder, Mukoni Ratshitanga, sê Mbeki se posisie sal hersien word as die regering ‘n besluit oor regshulp aan die voormalige president geneem het.

Adv. Tshepo Sibeko, getuienisleier, het bevestig dat daar vergaderings met Boqwana was.
“Ons het geen beswaar teen sy onttrekking nie.”
Regter Willie Seriti, voorsitter van die kommissie, het gesê die regsverteenwoordiging van getuies is buite die grense van die kommissie.
Getuies kan hul eie regsverteenwoordiging hê, waarvoor hulle self moet betaal.
Pres. Jacob Zuma het die kommissie in 2011 aangestel om beweerde korrupsie in die multimiljardrand-wapentransaksie van 1999 te ondersoek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.