Mandela-pad teen R6 miljoen opgeknap

Deel op
Zille agter haar donkerbril
Zille agter haar donkerbril

Die Wes-Kaapse premier Helen Zille het die opgeknapte ‘Madiba Vryheidspad’ by die Drakensteinse korrektiewe dienste-sentrum naby die Paarl geopen.

Oudpresident Nelson Mandela het in Februarie 1990 sy eerste tree na vryheid op die historiese pad by die destydse Victor Verster-gevangenis gegee.

Die provinsiale pad is deur die Wes-Kaapse departement van vervoer in samewerking met die distriksmunisipaliteit van die Kaapse Wynlande opgegradeer teen ‘n koste van sowat ses miljoen rand.

Zille sê die inisiatief is ‘n waardevolle belegging in ‘n deel van die land se geskiedenis. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.