Vrese het toegeneem dat die geweld in Egipte verder kan uitbrei ná die leier van die Moslembroederskap in hegtenis geneem is.
Mohamed Badie se aanhouding is die jongste in ‘n reeks gebeure wat verdere verontwaardiging ontlok van die beleërde Broederskapondersteuners en die krisis in die Arabiese wêreld se verskerp.
Maandag, het ‘n Egiptiese hofbeslissing dat die land se voormalige outokratiese leier, Hosni Moebarak, vrygelaat kan word uit die tronk binne enkele dae in die vooruitsig gestel.
Mubarak, 85, se vrylating verhoog vermoedens dat sy voormalige militêre–gesteunde regering teruggekeer het na die staatsgreep teen Mohamed Morsi, die Islamitiese president, op 3 Julie.
Die tussentydse eerste minister van Egipte het laat blyk dat dié land kan klaarkom sonder geldelike hulp van die VSA en die Europese Unie en steun uit Saoedi-Arabië kan verwag.
Sowel die VSA as die EU het vroeër gesê hulle hersien hulle betrekkinge met Egipte te midde van die voortslepende geweld in die land na die afsetting van die president Mohammed Morsi.
Die eerste minister Hazem Al Beblawi het aan ‘n televisienuusdiens gesê sy land is op die regte pad en hy is nie bekommerd oor ‘n burgeroorlog nie.
Byna ‘n 1000 mense is reeds dood in die weermag se bloedige veldtog teen Morsi-ondersteuners. EU-lande se ministers van buitelandse sake kom vandag in Brussel byeen om betrekkinge met Egipte te bespreek.