SA se handel met Brics-vennote groei

Deel op

bricsPresident Jacob Zuma sê ‘n gebrek aan infrastruktuur is ‘n groot bedreiging vir Afrika se vermoë om sy volle potensiaal te bereik.

Zuma het by die Brics-sakeberaad in Sandton, Johannesburg gesê beleggings in infrastruktuur verwante projekte sal Afrika se ekonomiese medediging verhoog.

“Dit [Brics] verteenwoordig 16,8 persent van die internasionale handel, het hy gesê aan die afgevaardigdes. Zuma het gesê die totale handel met Indië, Suid-Afrika se sesde grootste handelsvennoot, het aansienlik gegroei van R53 miljard tot R67 miljard.

Handel met China het gegroei van R188 miljard in 2011 tot R201miljard in 2012.

“Hierdie indrukwekkende statistiek moet julle die vasberadenheid en vertroue bied om die doelwit te behaal,het hy gesê.

Die minister van Handel en Nywerheid Rob Davies het gesê die vergadering is daarop gemik om die vennootskappe te verdiep om samewerking en ontwikkeling op die Afrika-kontinent te verbeter.

Die Brics-raad se Suid-Afrikaanse voorsitter Patrice Motsepe het gesê dit is belangrik dat die verbintenis om handel en belegging te verhoog gesien word, asook “gemeet.

“Daar is ‘n nuwe gevoel van dringendheid, het Motsepe gesê.

China het vroeër by die beraad gesê hy het meer 200 miljard rand in Afrika belê en beplan om nog 200 miljard rand oor die volgende drie jaar in die vasteland te investeer. Die Chinese regering sê die geld is vir die ontwikkeling van landbou, infrastruktuur en die vervaardigingsbedryf.

Die waarnemende voorsitter van die Brics-sakeraad, Ma Zehua, het ook duisende sakelui toegespreek by die Sakeberaad.

Zehua sê Afrika behoort in ruil daarvoor ‘n gunstige omgewing te skep vir suksesvolle handel en belegging. In 2012, het Suid-Afrika se totale handel met Brics-lande ​​op R294 miljard gestaan, op vanaf R264 miljard in 2011.

Meer as 30 Chinese afgevaardigdes, wat verskillende sektore verteenwoordig, het die twee dae lange beraad bygewoon asook sakeleiers van 19 Afrika-lande.

Die Brics-groep bestaan uit Suid-Afrika, Brasilie, Indië, China en Rusland. Saam is die bevolkings in die Brics-lande byna die helfte van die wêreldbevolking. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.