Pik, Roelf en De Klerk moet van ons woede en verslaenheid kennis neem!

Deel op
Izak van Zyl
Izak van Zyl

deur Izak van Zyl

In 1967 is ek onder die polisiester gebore. My pa was ‘n trotse polisieman wat sy lewe vir sy werk gegee het. Hy het sy gesin daaronder laat ly deur vir langer as ‘n jaar altesaam op ons land, Namibië en Rhodesië se grense diens te doen. Hy het in lokasies geboer om onluste te bestry.

In 1986 is ek self onder die ster ingesweer en het die “stertkant” van die terroriste-oorlog en Angola gesien en die onluste beleef… met terroriste wat nie meer op die grense was nie, maar in die stegies en doolhowe van ons land. Volgens my groentjiewaarneming daardie tyd, was die meeste van die sg. bedreiging iets van die verlede behalwe die ekonomiese sanksies en sportboikotte. Ek het beleef hoedat ons Springbokke wat toe al vir baie jare as rebelle moes speel….die magtige All blacks, die Engelse, die Aussies, ens. aandurf.

Ek was deel van die elitemagte van die Republiek van Suid-Afrika en ons het gespog met suksesse om terroriste te neutraliseer en misdaad effektief in bedwang te hou.

Toe my toegewyde poliesmanpa einde 1992 op vervroegde pensioen aftree… sonder dat hy eintlik gepraat het oor sy keuse… het ek min geweet hoekom en wat kom!

Ek het hom en sy geslag generaals met minagting bejeën oor hulle gedurf om ons jong onervare lede net so te los en hulle pensioen te gaan geniet.

Ek het ná 7 jaar diens in die ou SAP tot ‘n ontnugterde besef gekom hoedat dít wat eens ons trots was in die hande van ongeletterdes, onbekwames en skurke beland het.

Ek het vir die volgende 15 jaar eerstehands beleef hoedat dít waarvoor ek en my pa en sy broers ons lewens opgeoffer het, vriende en familie aan die dood afgestaan het, baklei het vir reg en geregtigheid… nou die oorsaak is van die sg. intellektuele agterstand waarmee die sg. “nuwe generasie” moet werk, bevorder word, poste kry en dus die room van seggenskap en salariskerwe beklee… terwyl ek in 18 jaar een trappie gevorder het op die rangstruktuur van die SAP. Terwyl onbekwame, ongekwalifiseerde juniors van agter af tot drie range per jaar verniet kry en my en duisende ander wittes verby is op die hiërargie.!!! DIE ERGSTE IS: ONS HET DIT AS REG EN GOED AANVAAR!!!!!!

NOU VRA EK VIR PIK BOTHA EN SY UITVERKOPERS!!!:

DINK JY DIS LEKKER OM SÓ TE LEEF IN JOU EIE LAND??? DINK JY EK EN DUISENDE AMPTENARE VERDIEN SULKE BEHANDELING????

DINK JY DIT WAS ‘N MAKLIKE BESLUIT OM NET NA 23 JAAR DIENS TE BEDANK OMDAT EK NIE EEN ENKELE ONREGVERDIGE AANSTELLING MEER KON VERDUUR SONDER OM MY MISDAADVRYE GESKIEDENIS IN GEVAAR TE STEL NIE???

DINK JY DIS LEKKER OM DEUR FOT’O-ALBUMS TE BLAAI EN DIE HERINNERINGE MET ‘N WRANG SMAAK IN DIE MOND TE BETRAG???

MET DIE WETE DAT ALLE LEWENS WAT OPGEOFFER IS VIR DIE BEHOUD VAN ONS LAND…VIERNIET WAS????

Ek is nie meer kwaad nie!! Ek is vasberade om die onreg te vergeld!!! AL NEEM DIT DIE RES VAN MY LEEFTYD IN BESLAG!!!!

Ek is ook nie onnosel om myself bloot te stel nie.

EK WIL SIEN DAT PIK EN ROELF EN VERAL DE KLERK SAL KENNIS NEEM VAN DIE WOEDE EN DIE VERSLAENHEID VAN HULLE VOLK OOR WIE HULLE AANGESTEL WAS.

NOU HET JY DIE VERMETELHEID OM NA AL DIE TYD TE SEG DIT WAS NIE JULLE OOREENKOMS NIE?????? WAAR WAS JULLE DAN AL DIE JARE WAT DERDUISENDE MENSE SE GESINNE EN LEWENS OP&%$$# IS????

EK WIL SIEN DAT DAAR ‘N BEWEGING OPSTAAN WAT NIE NET DIE VERDRUKKERS NIE, MAAR OOK DIE UITVERKOPERS SAL LAAT HARDLOOP. ONS SAL REGKOM SONDER JULLE!!!

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.