Oscar onderhandel skikking met vermoorde se ouers

Deel op
Reeva Steenkamp
Reeva Steenkamp

Oscar Pistorius, die paralimpiese atleet wat van moord aangekla word,  se prokureurs onderhandel met Reeva Steenkamp se ouers in ’n poging om ’n skikking buite die hof te bereik.

Pistorius se prokureurs het Steenkamp se ouers genader, berig The Times. Die prokureurs vir albei partye wou nie kommentaar lewer oor die bedrag wat onderhandel word nie.

Die Steenkamps het R3 miljoen siviele eis vir die verlies van inkomste teen Pistorius gebring.

Steenkamp en haar halfbroer, Adam, het hul ouers finansiël ondersteun en ook die huur betaal vir hul huis in Port Elizabeth.

Adv. Dup de Bruyn SC, die Steenkamps se regsverteenwoordiger, en Kenny Oldwage, Pistorius se prokureur, het bevestig dat hulle in gesprek is

Reeva is op Valentynsdag vanjaar in Pistorius se huis in die ooste van Pretoria doodgeskiet. Die atleet staan tereg op aanklag van moord met voorbedagte rade en die oortreding van die Wet op Vuurwapenbeheer.

Die saak is Maandag uitgestel tot die verhoor op 3 Maart 2014 begin.

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.