SAOG prys Mugabe se oorwinning

Deel op

sadcmalawiAmerika sal sanksies teen Zimbabwe ophef indien die nuutverkose president, Robert Mugabe, politieke hervormings implementeer. Die naweek het leiers by die SAOG-beraad in Malawi ‘n beroep op die internasionale gemeenskap gedoen om sanksies teen Zimbabwe op te hef.

Die 15 lande in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap het vir “die opheffing van alle vorme van sanksies tot dusver opgelê teen Zimbabwe” gevra. Dit sluit sanksies in teen die veteraan-president en die maatskappye en individue op die swartlys.

“Ek glo dat Zimbabwe beter verdien, dat Zimbabwiërs genoeg gely het,” het die voorsitter, president Joyce Banda van Malawi gesê.

Die SAOG het ook die hou van vrye en vreedsame” verkiesings geprys en Mugabe en sy Zanu-PF party gelukgewens met hul oorweldigende oorwinning van 31 Julie.

‘n Verdere bewys van vertroue in Mugabe, was sy aanwysing as die adjunk-voorsitter van die groep en die besluit dat Zimbabwe die volgende SAOG-spitsberaad sal aanbied in Julie volgende jaar.

Terwyl SAOG-leiers hul tevredenheid met Mugabe se oorwinning by die stembus te kenne gegee het, het Die Withuis egter verklaar dat hulle sekere voorbehoude koester oor die uitslag.

President Ian Khama van Botswana wat voorheen die verkiesingsuitslag gekritiseer het, het na ‘n ontmoeting met Mugabe verklaar dat hy hom sal neerlê by die SAOG se verklaring oor Zimbabwe.

Die VSA het in Maart 2003 sanksies ingestel teen Mugabe en diegene wat bande met hom het.

Mugabe sal Donderdag ingehuldig word vir sy sewende termyn van vyf jaar.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.