Afrikaners was lankal kommuniste

Deel op

Geluk met u uiters waardevolle vonkkoerant en goeie artikels! Dit kan maklik nog eendag blyk ʼn deurslaggewende redding vir ons ou volkie te wees! Die Afrikanerkommunistiese psige is uit my lewens/beroeps-ervaring lankal deel van ons kultuur, as ek nou moet reageer op Dan Roodt se stuk oor Die nuwe Rooi Gevaar.

Deel op

Mev. Juta (van die drukkers in die Kaap) was Karl Marx se suster. Die Russe het die Boere humanitêr gehelp tydens die Tweede Vryheidsoorlog. Die eerste kommunistiese party buite Rusland was hier in SA onder die wit mynwerkers.

As ek in my beroep as geneesheer die grootste moeilikheid op die hals wil haal, moet ek ʼn boer se lewe red – dan word ek vervolg en belaster en my rekenings nie betaal nie. Kanker, hartaanvalle, dodelike anafilaktiese skok, ens., ens. ʼn Soort mentaliteit wanneer hulle nie iets verniet kan kry of steel nie dan is dit nie ʼn winskoop nie. Boereskelms is die ergste wat ek beleef het – en ongelooflik selfvernietigend dom. Kyk maar al die sakebedrogskemas van piramides tot pensioengeld. Die siekefondsskema is deur Hertzog destyds ingestel – ʼn kommunistiese skema waar die administrateur meer verdien as die versekerde en die diensverskaffer. In daardie tyd het ek beleef hoedat Stalin die dokters vervolg om aandag af te trek en hier in ons parlement iemand tydens ʼn regeringskrisis sal opstaan en verklaar: “maar kyk net wat doen die dokters!” Daarna is daar geen sprake meer van ʼn regeringskrisis nie. Die Huisgenoot het ook ʼn paar jaar gelede ʼn artikel van  Dana Snyman gehad oor dokters met dieselfde inslag en sukses. Ek het hewig beswaar gemaak daarteen by die redaktrise van Die Huisgenoot, Carol Coetzee.

Dit kom neer op blaamprojeksiepropaganda. Tom Peters het jare gelede hierdie wanadministrasie beskryf in sy trefferboek Thriving on Chaos wat neerkom op: “neem beheer sonder om verantwoordbaar te wees” – die handboek/Koran van Media 24. Dis voorafgegaan deur Huntington se propagandaoorwinning nadat ons propaganda-arm tydens ons oorlog teen terreur deur die sogenaamde Inligtingskandaal vernietig is – nie bloot vernietig nie want inderdaad word dieselfde propagandategnieke teen ons eie mense tans deur die Afrikaanse media toegepas. Dit word deur kenners beskou as die mees gesofistikeerde en suksesvolle propagandaveldtog ooit. Afrikaners is sekerlik die grootste kenners van hierdie onderduimse kommunistiese mentaliteit. Dialekties, dekadent, disleksies, diabolies.

Wanneer daarin geslaag is om ʼn volk te laat glo dat selfmoord die enigste oplossing is vir wêreldvrede met ʼn 70% meerderheid, kan dit as ʼn fenomenale sukses beskou word.

Blaamprojeksie is een van die bestaanstegnieke van so ʼn diaboliese regeringstelsel en dis nie deur swartes uitgedink nie, maar gebaseer op die beginsel wat Popper beskryf het dat, nl. dat die basiese vereiste vir ʼn staat ʼn vyand is. Dis waarom sanksies ook net ʼn regime versterk, soortgelyk aan misdaad. Terwyl ware demokrasie dit verswak.

Waarom dink u gee die dokters pad na plekke soos Kanada of Brittanje waar mediese hulp gewaardeer word?

big bangлобановский александр игоревич класс

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.