DA-hoofsweep loop na ANC oor

Deel op
Derek Flemming
Derek Flemming

Die Demokratiese Alliansie het die nuus verwelkom dat sy voormalige hoofsweep in die Tshwane Metroraad, Derrick Flemming, na die ANC oorgeloop het.

Flemming was ‘n lid van die ANC voordat hy by die DA aangesluit het. Flemming het gister aangekondig dat hy uit die DA bedank en weer by die regerende party aangesluit het.

Die DA streekleier, Solly Msimanga, sê Flemming het sy ontevredenheid met die DA se beleid bekend gemaak voordat hy hom opnuut by die ANC aangesluit het.

Msimanga het die DA se goeie wense aan Flemming oorgedra.

Flemming sê die ANC is steeds die enigste party wat maatskaplike, ekonomiese en politieke verandering in die land kan bewerkstellig. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.