Afrikanerbond doen voorlegging oor 1913-wet

Deel op

landactDie parlement se Ad Hoc komitee oor die herstel van grondregte en die gevolge van die 1913 Wet op Naturellegrond voer vandag samesprekings met verskillende belangegroepe oor die vordering wat tot dusver gemaak is.

Die herverdeling van grond, die voorgestelde heropening van grondeise en kommer oor voortslepende onsekerheid oor grondonteiening, is van die kwessies wat bespreek sal word.

Die voorsitter van die Ad Hoc komitee, Jerry Thibedi sê terugvoering oor die vorige werksessie wat in Junie gehou is, sal ook gegee word.

Die Afrikanerbond, wat nie by die vorige sessie teenwoordig was nie, sal vandag ‘n voorlegging doen oor die nalatenskap van die 1913-wet.

Die ministeries van Openbare Werke en van Landelike Ontwikkeling en Grondsake sal ook terugvoering gee oor die voorgestelde Onteieningswet en die konsep-wysigingswetsontwerp oor die herstel van grondregte. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.