Grondwethof verwerp Marikana-aansoek om staatsbefondsing

Deel op

conhillDie Grondwethof het die appèlaansoek van regsverteenwoordigers van mynwerkers by die Marikana Kommissie van Ondersoek verwerp.

Die regters in die hof het in ‘n eenparige uitspraak die aansoek verwerp om ‘n tussentydse bevel van die Noord Gautengse Hooggeregshof ter syde te stel. Dié hof het gelas dat die staat nie ‘n verpligting het om die mynwerkers se regsverteenwoordigers te betaal terwyl hulle op ‘n hersienig van die befondsingskwessie wag nie.

Die Grondwethof sê hy hoor nie appèlaansoeke oor tussentydse bevele aan nie.

Die president van die Hof het die uitspraak gelewer.

Die uitspraak oor die Marikana Kommissie van Ondersoek se befondsinggeskil sou aanvanklik Vrydag – die eerste herdenking van die slagting – gelewer word.

Die hof het egter later ‘n kennisgewing uitgereik dat uitspraak Maandag gegee sal word.

Die geskil oor betaling het die Kommissie se werksaamhede lamgelê. Die regsverteenwoordigers van die mynwerkers, en die families van die 34 afgestorwe mynwerkers, het hulle aan die Kommissie se werksaamhede onttrek nadat hulle aansoek dat die staat hulle regskoste betaal, in die Hooggeregshof van die hand gewys is.

Daarna het hulle ‘n dringende appèlaansoek by die Grondwethof ingedien. Uitspraak is gelewer sonder dat betoë aangehoor is.

Intussen sal die Kommissie van Ondersoek sy werksaamhede hervat. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.