Seksmisdadiger kry parool

Deel op
Cezanne Visser
Cezanne Visser

Die seksmisdadiger Cezanne Visser, beter bekend as advokaat Barbie, gaan binnekort op parool vrygelaat word, het die Sunday Times Sondag berig.

Die departement van korrektiewe dienste het gesê die paroolraad het haar vrylating van Maandag af goedgekeur.

Visser dien tans tronkstraf van sewe jaar uit vir onsedelike aanranding en die vervaardiging en besit van kinderpornografie.

Sy is ook skuldig bevind dat sy bedrog gepleeg het by ‘n kinderhuis deur weeskinders onder valse voorwendsels uit te neem.

James Smalberger, adjunkkommissaris, het aan die koerant gesê Visser se parool val onder die maksimumkategorie, met streng voorwaardes wat Maandag geformaliseer sal word.

“Visser, soos enige ander oortreders in dieselfde kategorie, moes die helfte van haar vonnis uitdien, waarna sy oorweeg word vir parool,” het Smalberger gesê.

Smalberger sê die departement sal nie huiwer om haar weer in hegtenis te neem indien sy haar paroolvoorwaardes oortree nie. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.