SAOG vra dat Zim-sanksies opgehef word

Deel op
Joyce Banda
Joyce Banda

Suider-Afrikaanse leiers het die internasionale gemeenskap gevra om sanksies teen Zimbabwe op te hef in die lig van president Robert Mugabe se oorwinning by die stembus.

Die voorsitter van die SAOG, Joyce Banda sê Zimbabwiërs het nou genoeg gely.

Lede van die SAOG sê hulle is tevrede dat die Zimbabwiese verkiesing vry en vreedsaam was.

Die leier van die opposisie, Morgan Tsvangirai beweer egter dat daar grootskaalse ongerymdhede was.- RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.