Bewerings ondersoek dat Britse weermag by Diana se dood betrokke was

Deel op
Vader van Dodi al-Fayed
Vader van Dodi al-Fayed

Die Britse polisie ondersoek nuwe inligting oor die dood van prinses Diana, insluitend die bewering dat sy deur iemand in die Britse weermag vermoor is.

Scotland Yard het eergister gesê hulle gaan die geloofwaardigheid van die inligting na. Diana, haar kêrel, Dodi al-Fayed, en hul motorbestuurder, Henri Paul, is op 31 Augustus 1997 in ’n motorongeluk in Parys dood.

Volgens die Britse nuusagentskap Press Association (PA) het die voormalige skoonouers van ’n voormalige Britse soldaat glo die nuwe bewering gemaak, aan die hand van gesprekke wat hy glo in die verlede gevoer het.

Paul se familielede het die nuus verwelkom, en gesê hulle glo die die waarheid moet vertel word.

Die buitengewone bewering het na vore gekom tydens die tweede krygsraad van Sersant Danny Nightingale, wat skuldig bevind is van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.

Die nuwe getuienis is uiteengesit in ‘n brief geskryf deur die skoonmoeder van ‘n SAS-sluipskutter, net bekend as soldaat N, wat ‘n belangrike getuie vir die vervolging is.

Die agt-bladsy korrespondensie beweer Soldaat N het gespog dit was die SAS was wat prinses Diana se dood gereël het en toegesmeer het.

PA en Sky News het berig die Britse militêre polisie het die nuwe inligting aan Scotland Yard oorhandig.

“Die metropolitaanse polisiediens ondersoek die inligting wat onlangs in verband met die sterftes ontvang is en ontleed die tersaaklikheid en geloofwaardigheid daarvan,” het Scotland Yard in ’n verklaring gesê.

Beamptes in die eenheid teen gespesialiseerde misdaad sal die ontleding doen.

“Dit is nie ’n herondersoek nie en val nie onder Operation Paget nie.” Paget was die polisieondersoek na die samesweringsteorieë oor die motorongeluk.

Vyftien jaar ná die ontydige dood van die prinses is ‘n nuwe boek vrygestel waarin die skrywer onthul hoekom hy weet dat die koninklike familie Charles se voormalige eggenoot laat doodmaak het.

Die boek Paris-London Connection: The Assassination of Princess Diana is geskryf deur John Morgan. Morgan sê in sy boek dat die motor-ongeluk “georkestreer” was deur MI6, die Britse buitelandse intelligensiediens. Hy onthul ook die korrupsie in beide die Franse en Britse polisie-ondersoeke.

Morgan, wat glo bande met die CIA het, het so ver gegaan in sy boek om 26 individue te noem wat meineed gepleeg het en verantwoordelik gehou moet word vir hul valse verklarings.

Morgan beskuldig selfs die dokters in die ambulans as synde deel van die moordkomplot. Hy sê hulle het “Diana vermoor agter in hul ambulans”. Hy voel dat die verklaring geregverdig is, want dit het ‘n uur en 43 minute geneem om die hospitaal na die ongeluk bereik.

Morgan gee ook die voormalige Eerste Minister Tony Blair deels die skuld vir prinses Diana se dood. John Morgan se boek onthul dat die 26 individue onder direkte invloed van senior koninklikes gehandel het.

Morgan noem onder meer Sherad Cowper-Coles as een van die 26 individue. Volgens die boek, was Cowper-Coles in beheer van die Parys-ondersoek. Cowper-Coles is later as die Britse ambassadeur na Israel, Saoedi-Arabië en Afghanistan aangewys. – Sapa/AFP/Examiner

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.