Sadou agter Vavi

Thobile Ntola
Thobile Ntola

Die onderwysersvakbond, Sadou, se grootste streek in KwaZulu-Natal, Kokstad, eis ‘n terugtrekking van die besluit om die president van Sadou, Thobile Ntola, en die hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, te skors.

Sadou se Kokstad-streek het gister ‘n vergadering in Port Edward gehou.

Ntola is geskors nadat hy ‘n platform aan Vavi verskaf het om Sadou toe te spreek by die vakbond se vergadering in Oos-Londen.

Vavi is op sy beurt geskors na ‘n buite-egtelike verhouding met ‘n junior personeellid. Zamuxolo Matwasa sê die klagtes teen Vavi en Ntola dra geen gewig nie. – RSG

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.