Vyftien onwettige sjebiens rondom Soweto is oor die naweek gesluit, het die polisie van Gauteng Sondag verklaar.
“Die eienaars is in hegtenis geneem en die drank gekonfiskeer,” sê adjudantoffisier Kay Makhubela.
Volgens hom is die onwettige kroeë in Eldoradopark, Zola, Diepkloof, Protea Glen en Dobsonville gevind.
‘n Aantal ander arrestasies in dié gebiede is Saterdagaand uitgevoer – waarvan vele met dwelmhandel en -gebruik verband hou.
Makhubela sê diegene wat in hegtenis geneem is sal Maandag in verskillende landdroshowe verskyn. – Sapa