Heikki Kovalainen slaag fiksheidstoets

Deel op

Image

Heikki Kovalainen

Die jaer van McLaren, Heikki Kovalainen, sal aan die komende naweek se Turkse Grand Prix kan deelneem nadat hy betrokke was in 'n 240 kpu-ongeluk gedurende die Spaanse Grand Prix. Die FIA het hom beveel om 'n mediese ondesoek te ondergaan.

Deel op

Kovalainen het die bandmuur op die Campsadraai van die Circuit de Catalunya tydens die 22ste ronde getref maar is ongedeerd uit die wrak verwyder.

Hy was bewusteloos ná die botsing en kan niks van die ongeluk onthou nie.

Die Finse jaer is uit die hospitaal ontslaan nadat hy verskeie skanderings ondergaan het en beskryf sy beserings as "'n ligte kopseer en 'n stywe nek".

Kovalainen wil nou fokus op die komende naweek se wedren: "Ek kan nie wag om terug te wees in die motor en deel te neem aan die volgende wedren dié naweek nie."

Die McLarenspan vermoed 'n wielvelling is die oorsaak dat die regter- voorste band lug verloor het. Hy gaan egter van die ekstra motor dié naweek gebruik maak.

хамам под ключФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.