Hoe kan ek ‘n trotse Suid-Afrikaner wees?

Deel op

trots_suidafrikaansdeur Ian Golombick

As die strate lyk soos vullishope want die meeste mense gooi hulle vullis net waar hulle wil,  As jy na die bevolking kyk, is die meerderheid van hulle anderskleurige mense; dus kom die meeste vullis van hulle af.

As ons president ‘n gekkery van die huwelik maak en dan sê: “It’s my culture.”  Ek hoop regtig nie hulle mag meer as 10 vroue hê nie want ek sal sukkel om by te hou want ek het net 10 vingers om op te tel.

As die leier van die jeugliga wat amper oud genoeg is vir pensioen goed kwytraak wat niks met sy pligte te doen het nie en niks met die jeug uitrig nie… wat wel sy plig is.

As elke tweede minister in die regering of in die koerante is oor bedrog of  korrupsie en swak dienslewering.

As die polisie wat die wet moet toepas van die misdaad in die land pleeg.

As werkers in die staatsdiens net werk toe kom om ‘n salaris te kry al doen hulle heel dag niks nie.

As tenders en kontrakte na die buiteland toe gaan pleks daarvan dat óns dit hier kan doen en ons kan want ons het al baie dinge reggekry in die verlede; ek kan hulle opnoem.

As stakers alles verniel en afbreek. As hulle oor dienslewering betoog, dan brand en breek julle juis die toerusting waaroor hulle betoog.  Hulle brand ‘n skool af want daar is nie genoeg skole nie; dit maak nie sin nie.

As hulle ons laat glo dat die paaie opgegradeer word vir die 2010-sokker maar nou sit hulle tollhekke met buitensporige tariewe op.

As jou regering vir mense om elke hoek lieg en bedrieg net sodat iemand uit ‘n tender kan ryk word.

Ek sê nie apartheid was reg nie maar almal het ‘n woonplek gehad. Daar was werk vir almal, mediese dienste en misdaad was beheerbaar.  Baie anderskleurige ou mense het dit ook al teenoor my erken.

Kyk hoe lyk ons hospitale, ons treine, openbare toilette, ens., ens., ens.

Kyk na al die geweld en snert in ons skole.  Kyk net hoeveel werklose blankes is daar en hoe het die blanke volk verarm.  As jy die telefoon optel en skakel omdat jy ‘n probleem het met jou krag of telefoon …..eisj jy kom net nie geholpe nie.

Kinders is nie meer kinders nie omdat hulle nie meer by mekaar kan gaan speel nie… hulle kan dit nie waag om alleen in die strate te loop nie.  Drank is jare gelede by die drankwinkel gekoop en vandag is daar ‘n sjebien op elke hoek.

Brandweermanne steel nou parfuum om skelm te gaan verkoop om bietjie beter te kan lewe. Wanneer jy ‘n bloulig agter jou sien, weet jy nie of  jy moet aftrek of vet gee nie… mens kan niemand meer vertrou nie.  Laat mens wonder hoekom so baie mense oppak en Suid-Afrika verlaat.

Drank mag nie meer geadverteer word nie en tabak gaan ook gestop word maar kyk gerus al die ponografie en seks op TV… geen wonder daar is soveel verkragtings nie.

Elke keer as ‘n blanke sy mond oopmaak en sy mening lug, dan word daar gesê dit is rassisties maar ander mag sê net wat hulle wil en daarmee is niks verkeerd nie.  Dit is hoekom ek maar hier met myself gesels en my sê sê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.