Polisie het joernaliste ‘onwettig afgeluister’

Deel op
Meeluistering- en opsporingsapparaat soos deur die polisie gebruik word
Meeluistering- en opsporingsapparaat soos deur die polisie gebruik word

Die polisie het ‘n ondersoek voltooi na misdaadintelligensiebeamptes wat aan die onwettige meeluistering van twee Sunday Times-joernaliste se telefone, asook die voormalige polisiehoof, Bheki Cele, deelgeneem het, berig die koerant.

DIe voormalige baasspioen in Kwazulu-Natal, maj.gen. Deena Moodley en die koverte inligtinginsamelingsbeamptes, kolonel Dumisani Zulu en kaptein Bongani Cele, word daarvan verdink dat hulle die drie selfoonnommers onder valse voorwendsel by ‘n wettige onderskeppingsbevel ingevoeg het, berig die Sunday Times.

Die bevel, wat deur regter Joshua Khumalo op 6 Desember 2010 toegestaan is, het die polisie gemagtig om “intydse oproepe” op te neem, toegang tot teksboodskappe te verkry, en om GPS-koördinate te gebruik om die telefoongebruikers te lokaliseer.

Solomon Makgale, ‘n woordvoerder vir die nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, het aan die koerant gesê dat die polisie die misdaadondersoek na die onwettige meeluistering van die twee werknemers en die voormalige nasionale kommissaris voltooi het. “Ons glo dat daar prima-facie-getuienis teen die drie SAPD-lede wat betrokke was, bestaan. Dit is nou vir die vervolgingsgesag om te besluit om te vervolg, aldan nie,” het die koerant hom aangehaal. – Sapa

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.