Boeremag-aansoek van die hand gewys

Deel op
Van die Boeremag-aangeklaagdes in die hof
Van die Boeremag-aangeklaagdes in die hof

Die Hoë Hof in Pretoria het ‘n aansoek deur die Boeremag-aangeklaagdes van die hand gewys om ‘n spesiale vermelding van ‘n onreëlmatigheid in die hofrekord te laat aanbring, het die The Citizen Saterdag berig.

Regter Eben Jordaan het Vrydag die aansoek deur die 20 aangeklaagdes van die hand gewys. Hulle is verlede jaar aan hoogverraad skuldig bevind. Die regter het gesê dat hy eers later redes vir sy bevinding sal verstrek.

Die aansoek was daarop gemik om ‘n hefboom te verkry wat tydens hul appèl teen hul skuldigbevindings op klagtes van hoogverraad te gebruik.

Die skuldigbevindings spruit uit ‘n staatsgreepplan in die laat negentigerjare en vroeë millennium om die ANC-bewind omver te werp.

Sekere van die aangeklaagdes het gedurende die verhoor beweer dat hulle soldate in ‘n legitieme stryd om ‘n onafhanklike Boererepubliek sou wees.

Die aansoek om tot krygsgevangenes verklaar te word, is van die hand gewys.

Ná hul skuldbevindings, is getuienis gelewer wat volgens hulle bewys dat die polisie se misdaadintelligensie-eenheid hul konsultasies met hul regsverteenwoordigers by die C-Maks-gevangenis en die hofselle afgeluister het. – Sapa

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.