‘Dis nie verkeerd om grond te nasionaliseer nie’

Deel op

Image'n Senior advokaat, Patric Mtshaulane, wat vir die staat optree teen 'n Vrystaatse boer, het gister in die Pretoriase Hooggeregshof gesê dat dit nie verkeerd was om grond te nasionaliseer soos in Zimbabwe gebeur het nie.

Mnr. Crawford von Abo van Bothaville dagvaar die Suid-Afrikaanse regering vir skade van R80 miljoen wat hy gely het omdat hy geen diplomatieke hulp ontvang het toe sy grond en bates deur die Mugabebewind in Zimbabwe gekonfiskeer is nie.

Die staat se advokaat het Von Abo se bewerings verwerp dat sy versoeke om hulp deur Suid-Afrika geïgnoreer is, maar het erken dat die diplomatieke stappe wat geneem is, nie die verlangde resultate opgelewer het nie.

Von Abo doen 'n aansoek om die SA regering te dwing om 'n party te word tot die Internasionale Konvensie oor die Beslegting van Beleggingsdispute sodat hy 'n eis om skadevergoeding teen die Zimbabwiese regering deur internasionale arbitrasie kan instel.

Omdat Zimbabwe nie tot so iets so instem nie, het die staat se advokaat dit as 'n "akademiese oefening" beskryf.

 

 

free 5 pound no depositФильчаков Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.