Vavi sal ‘intelligensie sameswering’ teen hom beveg

Deel op

plotBy ‘n inligtingsessie by ‘n hotel in Braamfontein, Johannesburg, het Cosatu se sekretaris-generaal Zwelinzima Vavi gesê sy skorsing uit die vakverbond was die suksesvolle “afsluiting” van ‘n lang veldtog deur sy politieke vyande, en moontlik “boef-elemente” in die intelligensie-gemeenskap.

Vavi het gesê hy sal regstappe neem om sy onlangse skorsing uit die federasie te keer deur die argument dat daar ‘n politieke sameswering teen hom gevoer is.

Hy het ook beweer dat individue misbruik van die staat se hulpbronne maak om hul eie belange te bevorder en hulle het ‘n “breër plan om nie net met my nie, maar ook met byna elke persoon wat beskou word as ‘n bedreiging.”

Cosatu is in “opstand, verdeel en heeltemal verlam” as gevolg van ‘n sameswering wat daarop gemik is om enige individu gekant is teen korrupsie te neutraliseer, het hy Vrydag gesê.

Hy het aan joernaliste ‘n “intelligensieverslag” voorgehou, gemik op die diskreditering nie net van homself nie, maar ook ander leiers soos die ANC-adjunk-president Cyril Ramaphosa, Konstitusionele Hof Regter Dikgang Moseneke en voormalige minister van behuising Tokyo Sexwale.

Die verslag is na bewering versprei na vakbondleiers om Vavi te diskrediteer. Van hulle het sedertdien teen hom gedraai om Cosatu polities te neutraliseer en in ‘n arbeidsafdeling van die ANC te omskep, het hy gesê.

Sy kommentaar sal waarskynlik spanning in die regerende alliansie aanhelp.

Vavi, wat vir meer as 12 jaar as die federasie se sekretaris-generaal gedien het, is Woensdag op spesiale verlof geplaas ná ‘n warm debat tydens ‘n Cosatu sentrale uitvoerende komitee-vergadering.

Vavi het gesê hy sal hom tot die howe wend om die komitee se besluit ongedaan te maak. Hy beskryf Woensdag se verrigtinge as “onregverdig en ongeldig”, en voeg by die komitee het “my regte as ‘n individu vertrap“.

Hy het gesê Cosatu se president Sdumo Dlamini het “homself benadeel” voor die vergadering van die komitee deur die intelligensieverslag rond te stuur, waarin “transkripsies van vergaderings wat nooit plaasgevind het nie”, is. Diegene wat in besit is van die verslag word ook benadeel word, het hy bygevoeg.

Vavi beweer dat die verslag, wat verwys na “‘n groot sameswering om ‘n demokraties verkose staat omver te werp”, gekoppel kan word aan ‘n politieke faksie wat probeer om “paranoia te skep om sy ware en sinistere doelwitte te regverdig”.

Hierdie individue is gerig op diegene wat “gewaag het om die waarheid te praat met mag”. Hulle is “bang vir ‘n onafhanklike” Cosatu en wil “voortgaan as kripvreters,” het hy gesê.

“Die sogenaamde intelligensieverslag beweer ook dat die Marikana-slagting, die betogings oor dienslewering en die xenofobiese aanvalle in ons land nie die ware sentimente van die armes weergee nie … Maar deel van ‘n groot sameswering is om ‘n demokraties verkose staat omver te werp,” het hy aan joernaliste gesê.

Hy het die intelligensie-verslag met die pre-Polokwane Browse Mole-verslag vergelyk, wat glo ‘n smeerveldtog uit die intelligensie-gemeenskap teen President Jacob Zuma was.

Vavi het gesê die verslag toon al die kenmerke van “boef-elemente” in die intelligensie gemeenskap. Sy prokureurs sal skriftelik die minister van staatsveiligheid Siyabonga Cwele nader om te bepaal of die verslag ‘n produk van staatsorgane was. Hulle sal die inspekteur-generaal van intelligensie – die intelligensie ombudsman – voorts nader om te ondersoek of staatsinstellings misbruik is met die doel om die verdeling van Cosatu teweeg te bring. – bdlive.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.