Selfoondiewe teiken restaurante in Pretoria

Deel op
Die twee verdagtes
Die twee verdagtes

Polisie vermoed dat ’n swart man en vrou restaurante teiken om kliënte se selfone te steel in Pretoria.

Dit kom nadat ’n eienaar van ’n bekende kettingrestaurant in Jeanlaan, Centurion twee verdagtes, wat moontlik ’n selfoon gesteel het, op sy sekuriteitskameras geïdentifiseer het.

Volgens Hannes Bezuidenhout het dié verdagtes naby ’n kliënt gesit. Terwyl die kliënt en sy familie gebid het, het die vroulike verdagte verby die tafel gestap na die kleedkamers.

Bezuidenhout het gesê die kliënt vermoed dat die vrou sy selfoon geneem het wat op die tafel gelê het.

Met die vrou se terugkoms het die paartjie die restaurant verlaat sonder om ’n bestelling te plaas.

Op daardie tydstip het die kliënt besef dat sy selfoon nie meer op die tafel is nie.

’n Ander eetplek in dié straat het gesê dat ’n selfoon ook daar gesteel is, maar hulle kon niemand op hulle sekuriteitskameras identifiseer nie.

Adjudant-offisier Hero Gumbu het gevra dat die publiek met inligting oor hierdie verdagtes of hul modus operandi, die polisie in kennis moet stel. – looklocal.co.za

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.