Chaos heers aan Oos-Rand, buitelanders uitgedryf na skietery

Deel op

burningtyresDuisende inwoners van Duduza aan die Oos-Rand het hul kinders uit die skool gehaal, en aangemoedig om te plunder en winkels wat aan buitelanders behoort, af te brand.

Vier tieners is ernstig beseer in skietgevegte met buitelandse winkeleienaars Donderdag en ‘n vyfde swart jeugdige is erg aangerand.

Die bloedvergieting het uitgebreek in Duduza laat Woensdag toe ‘n Somaliese winkeleienaar ‘n 17-jarige seun tydens ‘n argument oor R5 se selfoonlugtyd geskiet het. Onbevestigde verslae sê die jeugdige is dood. Die polisie ondersoek die voorval, maar kon dit nie bevestig nie.

Die skietery gelei tot verontwaardiging en ‘n opwelling van zenofobie, en duisende mense die strate laat invaar.

Die onrus het versprei na die naburige dorp Tsakane, waar mense huise aan die brand gesteek het, voertuie beskadig het en Somaliërs, Pakistani’s en Bangladeshis genoop het om te vlug.

Mense gewapen met kieries en ysterstawe het besighede aan die brand gesteek en by skole opgedaag, wat onderwysers gedwing het om te vlug en kinders uit klaskamers te sleep. Die skole moes noodgedwonge sluit.

Onluspolisie het gepoog om orde te herstel terwyl inwoners, verdeel in kleiner groepe, deur die lokasie versprei het om te “jag” op buitelanders.

“Ons gaan hulle doodmaak. Ons gaan alles wat hulle het brand en vat waarmee hulle nie kan weghardloop met,” het een Tsakane-inwoner geskreeu, terwyl Hassan Ali, sy winkel se voorraad inderhaas moes oplaai op ‘n bakkie om te vlug.

“Hulle het hier kom steel, ons werk en nou maak hulle ons kinders dood,” het die inwoner gekla. “Ons sal nie dit toelaat nie. Die polisie doen niks nie en die regering is nêrens.”

Kapt Johannes Ramphara beskryf die situasie as chaoties.

“Dit is totale wetteloosheid. Ons het gedink dit sou kalmeer, maar inwoners het voortgegaan om te op te breek in groepe, die skole laat sluit en kinders op die strate gejaag.”

Hy het gesê vyf mense is in hegtenis geneem en die polisie ondersoek ‘n saak van openbare geweld, intimidasie en poging tot moord.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.