Bantoe-onderwys was beter, sê Wits-akademikus

Deel op

rabelanidagadaDie apartheidsera se Bantoe-onderwysstelsel was veel beter as die huidige stelsel, het ’n Wits-akademikus Donderdag in Pretoria gesê.

“Wat gehalte betref was dit veel beter as die onderwys wat ons kinders deesdae ontvang en dit is waar die probleem lê,” het Rabelani Dagada, ’n dosent by die sakeskool van die Universiteit van die Witwatersrand gesê tydens ’n debat oor regstellende aksie.

“Regstellende aksie moet oor bemagtiging gaan. Die beste manier om te bemagtig is nie om weg te vat van mense wat het en dit dan te gee aan diegene wat nie het nie. Dit sal nie werk nie.”

Dagada het gesê Suid-Afrikaners kan slegs deur behoorlike onderwys bemagtig word.

Suid-Afrika se gewese minister van buitelandse sake, Pik Botha, wat ook aan die debat deelgeneem het, het gesê onder die ANC se leierskap het die land wegbeweeg van oudpres. Nelson Mandela se beginsels.

Hy het gesê Suid-Afrika se beleid oor regstellende aksie benadeel hoofsaaklik die swart meerderheid.

“Hoeveel moet ons nog verduur voordat ons sê dis genoeg. Ons onderwys is ver agter. Dit is die swakste in Afrika, maar het die hoogste besteding per kapita.”

Botha het gesê selfs Zimbabwe se onderwysstelsel is beter.

“Wanneer gaan dit verander? By staatshospitale moet swart pasiënte drie jaar wag vir ’n operasie.”

Botha het gesê toe Mandela aan bewind gekom het, was hy versigtig om nie wit mense se vaardighede te verloor nie.

“Hy het gesê ons moet nie die wittes se bekwaamheid verloor nie. Hulle moet nie die openbare sektor verlaat nie, maar help om mense te leer om dieselfde vaardighede te kry,” het Botha gesê.

“En nou het hulle al daardie mense verwyder.” – Sapa

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.