R33 steeds gesluit weens sianied-ongeluk

Deel op

sianied2Die R33 tussen Piet Retief en Amsterdam in Mpumalanga is steeds gesluit ná ‘n toksiese chemiese storting op die pad.

Die roete is sedert Maandag vir verkeer afgesper. Volgens ‘n woordvoerder van die Mkhondo-munisipaliteit het ‘n vragmotor met natrium-sianiedbrikette omgeslaan.

‘n Spesiale span werkers moet die brikette glo met die hand verwyder.

Die vragmotor was na die Barbertonse goudmyne oppad waar die sianied in die prosessering gebruik word.

Daar word jaarliks ongeveer 650 000 ton sinaied vervaardig waarvan die meeste, ‘n driekwart, gebruik word in goudproduksie.

‘n Tipiese goudmyn gebruik sowat 1 600 ton per jaar om goud uit die erts te onttrek. Sianied is die gevaarlikste chemiese van al die giftige chemikalieë, soos arseen, lood, kwik, kadmium, chroom en swaelsuur, wat die mynbedryf gebruik.

Meer as 90% van die 2500 ton goud wat jaarliks ​​geproduseer word regoor die wêreld, word onttrek deur middel van die gebruik van sianiedlogingstegnieke.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.