22 Sterf in Mosambiek-tronke

Deel op

ImageOngeveer 22 gevangenes is die afgelope vier maande in Mosambiek oorlede, meeste van hulle weens ‘n tekort aan mediese hulp. Mosambiek se staatsbeheerde koerant berig dat Francisco Mathe, bestuurder van die Tjimoio-gevangenis in die Manica-provinsie, sê meeste van die oorledenes is aangehoudenes wat nog nie skuldig bevind is aan enige misdaad nie.

Die meeste slagoffers is dood weens malaria, tuberkulose en MIV/Vigs-verwante siektes. Twee het selfmoord gepleeg.

Mahte sê die gevangenes het wel mediese hulp benodig, maar dat die owerheid bang was dat hulle sou ontsnap indien hulle verskuif sou word.

Oorvol tronke is dikwels ‘n probleem in Afrika-lande suid van die Sahara en dit dra by tot die verspreiding van aansteeklike siektes, soos tuberkulose.  Die Tjimoio-gevangenis huisves 991 mense, terwyl sy kapasiteit slegs ‘n paar honderd is.

‘n Verslag wat Zambië se Menseregtekommissie in April uitgereik het, toon aan dat een uit elke sewe gevangenes in Mosambiek ernstig siek is.

Dié verslag wyt die sterfgevalle aan onhigiëniese sanitasie en oorvol tronke.

play live casinoФильчаков прокурор харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.