Mpofu geskors nadat hy Zikalala skors

Deel op

Image

Dali Mpofu

Dali Mpofu, hoof van die SAUK, is geskors met onmiddellike ingang. Mpofu is 'n Zuma-ondersteuner. Die aankondiging kom 'n dag nadat Mpofu Snuki Zikalala, die nuushoof, geskors het.

Die Raad sê dat beweringe teen die Uitvoerende hoof sluit in dat hy nie die Raad se besluite uitgevoer het nie.

Mpofu is geskors met volle vergoeding totdat 'n ondersoek na die beweringe afgehandel is, asook 'n moontlike tugverhoor.

Koerante het vandag berig dat Mpofu se besluit om Zikalala, 'n Mbeki-ondersteuner, te skors dalk aanleiding kan gee tot 'n teenskuif van die Raadslede.

купить зарядное устройство для аккумулятора автомобиляАлександр Фильчаков прокурор

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.