Suid-Afrika voer krag uit!

Deel op
Elektrisiteitsuitvoere het met soveel as 6,1 persent gestyg in 'n jaar-op-jaar vergelyking, terwyl elektrisiteitsvoorsiening na die nege provinsies met 1,7 persent gedaal het volgens Statistiek Suid-Afrika.

Hoofekonoom Mike Schussler van T-sec het gister in Business Report verklaar dat Suid-Afrikaners ook 3,7 keer meer vir elektrisiteit betaal as wat die gemiddelde verkoopprys in naburige lande is.

Terwyl uitvoere toegeneem het, het invoere met soveel as 22,4 persent gedaal, sê Statistiek SA.

Eskom wou nie kommentaar lewer op die toestand van sake nie.

Suid-Afrika voer krag van Cabora Bassa in Mosambiek in.

las vegas gaming commissionДанильченко Юрий Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.