Watertoestand in Grahamstad kritiek

Deel op
Rhodes-studente geniet multikul
Rhodes-studente geniet multikul

Die Makana-munisipaliteit, wat Grahamstad en Alicedale in die Oos-Kaap insluit, het “verouderde infrastruktuur” as die rede vir die watertekort en swak kwaliteit van water in Grahamstad aangevoer.

Die watertekort het reeds kritieke afmetings aangeneem weens ‘n algehele gebrek aan instandhouding van die nodige infraskruktuur deur die munisipaliteit.

Twee-en-veertig koshuise van die Rhodes-universiteit en ander inwoners van die dorp is reeds sedert Dinsdag sonder water.

Die munisipaliteit sê ‘n waterpomp by die Waainek-aanleg het gebreek, maar dat hulle ondverpoosd werk om die toevoer te herstel.

Die rektor van die universiteit, Dr Saleem Badat sê hy is op die punt om die universiteit te sluit omdat die situasie ondraaglik begin raak.

Verskeie sake-ondernemings word ook deur die tekort geraak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.