Ses swart verdagtes het Woensdag in die hof verskyn ná die moorde op ’n bejaarde egpaar van Bethulie. Die saak sal waarskynlik later vanjaar na ’n hoër hof oorgeplaas word.
Die verdagtes, onder wie vier minderjariges, word onder meer aangekla van moord nadat Gordon en Lorraine Adams in Februarie vanjaar in hul huis beroof en vermoor is.
Twee van die minderjariges tussen 15 en 18 jaar oud, Tshepo Ramatlama en Sphiwe Sakman, staan tereg op aanklagte van moord, huisbraak en motordiefstal. – OFM