SA polisie verkoop hul uniforms, ammunisie aan skelms

Deel op
Suid-Afrikaanse polisie in uniform
Suid-Afrikaanse polisie in uniform

Daar moes onlangs dringend opgetree word om te verhoed dat polisieklere en -wapens in die verkeerde hande beland, het die Bellvillese Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof Maandag in Kaapstad aangehoor.

Kaptein Cathline Jephta van die polisie se taktiese reaksie-eenheid het aan die hof gesê: “Toe ons hoor dat ‘n polisiebeampte by die onwettige verkoop van polisie-uniforms betrokke was, moes ons vinnig optree.

“Al wat ons geweet het, is dat ‘n polisiebeampte besig was om uniforms te verkoop, maar ons het geen idee gehad wie hy of sy was nie.”

Sy het getuig in die saak teen kaptein Esmareld Bailey (44) wat op 8 aanklagte tereg staan: een van korupsie, een van die onwettige besit van ammunisie, asook ‘n derde klag van die besit of gebruik van dwelms en 5 klagtes van dwarsboming van die gereg.

Sy het onskuldig voor landdros Sabrina Sonnenberg gepleit.

Op ‘n vraag van die aanklaer, Xolile Jonas, het Japhta aan die hof verduidelik dat haar werk misdaadvoorkoming behels, met die klem op dwelms en bendelede.

Sy het bygevoeg: “Ons bedryf operasies onder dekking, waartydens ons mense bel en voorgee dat ons dwelms by hulle wil koop.

Volgens haar het ‘n Informant in Desember 2011 laat weet dat daar “iemand was wat polisieklere en -wapens wou verkoop”.

“Vanweë die sensitiwiteit van die inligting – daar is beweer dat die persoon ‘n polisiebeampte was – het ek die inligting deurgegee vir ons span se intelligensiehoof, en het toe die kolonel in beheer van geheime operasies gekontak.

“Vanweë die dringendheid van die saak, het ek elektroniese magtiging verkry om so ‘n operasie van stapel te stuur.”

Sy het gesê die operasie het behels om ‘n manlike polisiekonstabel as die koper uit te stuur, aan wie R500 in R100-note gegee is om ‘n polisie-uniform en ammunisie mee te koop. Die note is vooraf eers gefotokopieer.

Die konstabel is eers na ‘n vulstasie in Brooklyn geneem, waar hy deur twee mans in ‘n wit sedan opgelaai en na ‘n blok woonstelle geneem is.

Sy het voortgegaan deur te sê dat sy in ‘n ongemerkte voertuig gevolg het, en dat sy en die konstabel met behulp van sms-boodskappe in verbinding gebly het.

Een van die mans in die wit motor, Waleed Diedericks, is op na die vyfde vloer van die kompleks en het met ‘n rooi reissak teruggekom.

Nie lank daarna nie, het sy ‘n sms van die ‘koper” ontvang om te sê dat die transaksie afgehandel is.

Japhta het aan die hof gesê: “Ek het vinnig na Diedericks gegaan en myself voorgestel.

“Die konstabel het die rooi sak aan my oorhandig en het gesê dat hy so pas R500 vir die inhoud betaal het.

“Ek het die sak oopgemaak, en dit het ‘n polisiepet, twee pare blou polisiebroeke, ‘n polisiehemp met ‘n wapen daarop geborduur, asook ‘n oranje en geel polisieweerkaatsingsbaadjie en ‘n banksakkie met ammunisie bevat.

“Die konstabel wys toe na Diedericks en sê hy het die geld.”

Jephta sê sy was by toe ‘n ander polisieman die geld vanuit Diedericks se broeksak verwyder het .Sy het toe vir Hendricks gesê dat hy in arres was vir die verkoop van ‘n polisie-uniform aan polisiebeamptes onder dekking.

Al het sy vir Diedericks gesê dat hy nie onder ‘n verpligting was om enigiets te sê nie, het hy gesê dat hy die uniform by ‘n kaptein gekry het en het hulle toe na Bailie se woonstel toe geneem.

Diedericks is laas jaar vir sy aandeel aan die transaksie gevonnis, maar het n opgeskorte vonnis gekry omdat hy teen Bailey getuig het. – Sapa

 

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.