Vavi geskors as Cosatu-hoofsekretaris

Deel op

vavi4Zwelinzima Vavi, wat nie self teenwoordig was toe die besluit deur die sentrale uitvoerende komitee geneem is nie, is geskors as hoofsekretaris van Cosatu.

Hy sal aangekla word daarvan dat hy die federasie se naam in oneer gebring het.

‘n Spesiale vergadering is belê in die raadsaal van Cosatu-huis in Johannesburg om die kwessie van Vavi se buite-egtelike verhouding wat op die lappe gekom het, te bespreek.

Die verdeeldheid onder die komiteelede was reeds voor die vergadering duidelik, en Vavi se vyande kon hom danksy ’n klein meerderheid uitknikker.

Bheki Ntshali-Ntshali, adjunk-hoofsekretaris, sal in die amp waarneem totdat Vavi tugverhoor afgehandel is.

Sdumo Dlamini, president van Cosatu en enigste woordvoerder, het nog geen verklaring oor die skorsing uitgereik nie.

Die metaalwerkersvakbond Numsa het intussen gedreig om uit Cosatu te tree as Vavi geskors word. Hulle sal vandag vergader om die skorsing van die sekretaris-generaal te bespreek.

Die vakbond is die grootste in die Cosatu-federasie en het vroeër probeer om Woensdag se Spesiale Sentrale Uitvoerende Komiteevergadering te keer waartydens Vavi geskors is.

Numsa se sekretaris-generaal Irvin Jim, het bevestig dat Vavi geskors is, hoewel Cosatu dit eers later glo amptelik sal bevestig.

Jim sê Numsa is steeds van mening dat die vergadering ongrondwetlik was.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.