Egipte: Sky-kameraman doodgeskiet in uitgebreide geweld

Deel op

egiptegeweldOproer en gewelddadige skermutselinge is oornag en Donderdagoggend regoor Egipte aangemeld nadat ‘n noodtoestand in die land afgekondig is.

Ondersteuners van die afgesette pres. Mohamed Morsi het met woede gereageer nadat die weermag vroeër op ‘n groep Morsi-ondersteuners toegeslaan het.
Morsi se Moslem-Broederskap het op sy webwerf gesê opstande is in Alexandrië en twee ander noordelike provinsies aangemeld. Egiptiese polisie- en weermaglede is oornag in die hoofstad, Kaïro en ander stede en provinsies ontplooi om ‘n aandklokmaatreël af te dwing.
Die ministerie van gesondheid in die land sê 278 mense is dood en baie meer beseer in Woensdag se klopjagte in Kaïro om pro-Morsi-ondersteuners uiteen te jaag. Die Broederskap het egter gesê 2 600 mense is dood.
‘n Veteraan Sky News kameraman is doodgeskiet terwyl hy oor die geweld in Kaïro verslag gedoen het, het die uitsaaier gesê.

Mick Deane (61) het 15 jaar vir Sky gewerk. Hy was getroud met twee seuns. Deane wat gebore is in Hannover, Duitsland – was deel van Sky News se span wat oor die opstande saam met die Midde-Ooste korrespondent Sam Kiley berig het. Nie een van die ander spanlede seergekry het, het die uitsaaier gesê.

Egipte se nasionale Midde-Ooste-Nuusagentskap berig dat duisende Morsi-ondersteuners ook buite ‘n moskee in oostelike Kaïro byeengekom het.
Morsi-ondersteuners het ook polisiekantore in verskeie dele van die land aangeval.
Vader Rafic Greiche, woordvoerder van die Egiptiese Katolieke kerk, het gesê 17 kerke is Woensdag aangeval en afgebrand.
Intussen het Egipte se tussentydse adjunkpresident, Mohamed el Baradei, Woensdag bedank.
In ‘n bedankingsbrief aan die tussentydse president, Adly Mansour, het el Baradei gesê “die bevoordeeldes van wat vandag gebeur het, is diegene wat vra vir geweld, terrorisme en die mees ekstreme groepe.
“Soos julle weet, het ek gesien daar is vreedsame maniere om die botsing in die samelewing te beëindig, daar was voorgestelde een aanvaarbare oplossings vir nuwe maniere wat ons tot ‘n nasionale konsensus sou neem,” het hy geskryf.
“Dit het moeilik geword vir my om die verantwoordelikheid te dra vir besluite waarmee ek nie saamstem nie en wat gevolge het wat ek vrees. Ek kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir een druppel bloed nie.” – AFP/BBC

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.